Van boektrommels en voorleesgeleenthede tot motiveringspraatjies en leesopleiding – die ATKV se Vriende van Afrikaans (VVA)-span het regdeur die Tuinroete en die Oos-Kaap hoop geplant waar dit die nodigste is. atkv.org.za/nuus/posts/vva-s…
#Afrikaans
Die RSG/ATKV-vierkant het vanjaar weer geskitter as die gratis spilpunt waar feesgangers byeenkom by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Met regstreekse radio-uitsendings, inspirerende gesprekke, boekbesprekings en vermaak vir jonk en oud. atkv.org.za/nuus/posts/rsg-a…
#Afrikaans
Die Vriende van Afrikaans (VVA) maak elke dag ’n verskil waar dit die nodigste is. By die Toyota Stellenbosch Woordfees het Chareldine van der Merwe vertel hoe die VVA opvoeders en ouers ondersteun. atkv.org.za/nuus/posts/vva-d…
#Afrikaans
Nou skyn die kollig op George-William Grové – wenner van ATKV-DigiToneel 2026. Saam met naaswenner Zahné Durand en derdeplekwenner Jana Enslin bewys hy dat jong Afrikaanse kunstenaars stories kan vertel wat raak, roer en laat dink. atkv.org.za/nuus/posts/georg…
#Afrikaans
Terwyl die ATKV-Toneelaanbod se 2026-seisoen sy laaste asem uitblaas, vier ons die jong teatermakers wat vanjaar gewaag, geskep en geïnspireer het. Van oorspronklike slegs-leerders-produksies tot uitstaande media- en bemarkingswerk. Klik hier : atkv.org.za/nuus/posts/atkv-…
#Afrikaans
Die wenners van die derde ATKV-DigiVoordrag is bekend! Hierdie kompetisie bied ’n platform en podium om van die prettigste en pragtigste Afrikaanse poësie met ’n waarderende gehoor te deel. Lees hier: atkv.org.za/nuus/posts/atkv-…
#Afrikaans #digivoordrag
Die ATKV se nuusbrief vir OKTOBER is nou beskikbaar vir jou leesgenot. Moenie wonder nie, weet! indd.adobe.com/view/71f69467…
Lees nou: atkv.org.za/ons-storie/nuusg…
#Afrikaans #nuusgenoot #nuusbrief #nuus
Skakel in vir die seisoenfinaal van Gekies vir die Kollig op Dinsdag 27 Oktober 2026 om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147). atkv.org.za/nuus/posts/die-l…
Anna Davel en The Melisizwe Plaatjie Collective het gehore by die RSG/ATKV-vierkant tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees met ’n unieke musikale ervaring betower. atkv.org.za/nuus/posts/rsg-a…
#Afrikaans
ATKV-Applous nooi alle koorleiers, begeleiers uit na ’n koorleierskursus aangebied deur Renette Bouwer by die Odeion Skool vir Musiek in Bloemfontein op Saterdag 7 November 2026. Vir meer inligting [email protected]. Skryf hier in: formslab.app/f/atkv-applous-…
#Afrikaans
In die derde episode van Gekies vir die Kollig bring Jacques Bessenger se span oorspronklike monoloë na die skerm wat belangrike vrae vra. Skakel op Dinsdag 20 Okt om 20:30 in op VIA (DStv 147) vir ’n episode oor boeliegedrag, prestasiedruk en die soeke na eiewaarde.
#Afrikaans
Jacques Bessenger se span deel hul verhale wat ongemaklike, maar belangrike vrae vra in die derde episode van Gekies vir die Kollig. Skakel op Dinsdag 20 Oktober om 20:30 in op VIA (DStv-kanaal 147).
atkv.org.za/nuus/posts/gvk-j…
#Afrikaans
Die ATKV-Spanredenaarsfinaal 2026 het op 14 Oktober by ATKV-Buffelspoort die land se beste jong spanne bymekaargebring om hul redeneer-, luister- en samewerkingsvaardighede op die hoogste vlak te toets. Baie geluk aan al die wenspanne! atkv.org.za/nuus/posts/atkv-…
#Afrikaans
Op 31 Oktober word Bloemfontein die verhoog vir ’n surrealistiese optog wat Emily Hobhouse se staatsbegrafnis van 1926 herskep. Lees hier meer: atkv.org.za/nuus/posts/emily…
Die ATKV-Jeugleiersimposium is ’n dinamiese leierskapontwikkelingsprogram wat daarop gemik is om nuutverkose graad 11-leerders toe te rus met die kennis, vaardighede en selfvertroue om verantwoordelike leiers te wees. Die sluitingsdatum is 30 Okt 2026. atkv.org.za/neem-deel/kultuu…
Die ATKV wens die matriekklas van 2026 sterkte toe met hul finale eksamens. Mag elkeen van julle die eksamen met geloof, deursettingsvermoë en volharding aanpak.
#Afrikaans
Die wenners van ATKV-Digi-Idiome 2026 is bekend! Deelnemers het hul kennis van Afrikaanse idiome en sêgoed digitaal getoets, en die resultate wys dat Afrikaans se skatkis van gesegdes springlewendig bly. atkv.org.za/nuus/posts/atkv-…
#Afrikaans #idiome #ATKV
Toneelstukke wat tref was aan die orde van die dag by die nasionale ATKV-Toneelfinaal by die Kunstekaap. Vind hier uit wie met die louere weggestap het.
atkv.org.za/nuus/posts/topst…
#Afrikaans #toneel #tienertoneel #tjokkertoneel #ATKV
Haal asem. Die kollig gaan aan.
Agt finaliste. Vier mentors. Twee nuwe aanbieders.
Wie gaan gekies word vir die kollig?
📺 Gekies vir die Kollig seisoen 6
🗓️ Vanaf 6 Oktober
⏰ 20:30
📍 VIA | DStv-kanaal 147
ASEM IN. KYK SAAM.
#Afrikaans #GekiesVirDieKollig #ATKV



