Ek skryf die laaste 11 jaar al aan my boek, ek het nog nie eers 2 bladsye nie. Ek kry net nie woorde vir die shit wat heeltyd gebeur nie.
1
Ek soek nie 'n realistiese lewe nie. Om realisties te wees is om te settle vir 'n 6 voet diep graf. Hulle moet myne 12 voet diep grou, net vir ingeval.
Oor vorige tweet, die rede hoekom ek dit se is oor ons so vasgevang raak met oorlewing dat ons nie dink enige iets meer is moontlik nie. Dalk is dit net ek.
Ek dink almal het iemand nodig, enige fokken iemand, wat jou druk om jou drome te jaag met alles wat jy is en het, sonder twyfel, sonder ophou. Jou regte drome, die shit wat jy diep binne jou weet is nodig anders gaan jy jou ewigheid spandeer met spyt.
As jy gereeld op my posts reageer, ken ek tien teen een jou naam en profile pic, en in my kop is ons vriende al het ons nog nooit gepraat nie.
12
Miskien is dit wat jy die bangste vir is om te doen, die enigste ding wat jou werklik vry gaan maak.
2
Vanaand is my hart gebreek, slaap is buite die kwessie. Wat het met die mensdom gebeur, of was dit nog altyd so? Is ek nou net oud genoeg om te sien wat eintlik aangaan? Jou domkop, jy moes 'n kind gebly het, onbewus. Hierdie is geen plek vir iemand met 'n hart nie.

