Moenie verder uitseil as wat jy kan terugroei nie.
Solank jy leef, het jy die geleentheid om foute reg te maak en ’n ander keuse te maak. Dit is nooit te laat om om te draai nie.
Goeiemôre, seënwense🙌🏻
Ooh ouma, dis lekker om die bak uit te lek wanneer my ma koek bak vir die kerk.....
Ons het as kinders baklei vir daardie bak 🤭
Drome sterf wanneer ons ophou lewe. Hoop sterf wanneer ons ophou glo. Liefde sterf wanneer ons ophou omgee.
Goeiemôre, seënwense 🙌🏻
Somtyds is dit nie die duiwel nie, dis jou eie besluite! Hy kan jou besluite beïnvloed, maar net jy kan dit self maak. Moenie die duiwel meer krediet gee as wat hy verdien nie.
Goeiemôre, seënwense🙌🏻
Mooi woorde is nie altyd waar nie, maar die waarheid is nie altyd mooi nie (lees dit weer)
Goeiemôre, seënwense 🙌🏻
Geloof sien die onsigbare,
glo die ongelooflike en ontvang die onmoontlike. Ons moet elke dag in geloof leef. God sê ons moet met ons hele hart op Hom vertrou.
Goeiemôre, seënwense🙌🏻
Ons moet kies om die Here elke dag en in elke situasie voor oë te hou, nie slegs in moeilike tye nie, maar vertrou dat Hy aan ons regterhand sal bly staan vir altyd!
Goeiemôre, seënwense🙌🏻
Wees gelukkig met wat jy het, terwyl jy werk vir wat jy wil hê. Onthou, 'n gelukkige en suksesvolle lewe begin by
God en eindig vir God.
Goeiemôre, seënwense🙌🏻
Vreugde in die Here is nie oppervlakkige geluk nie, dit is ’n diep, innerlike vrede en vreugde wat spruit uit konstante geloof, wat nie op omstandighede gebou is nie, maar op jou verhouding met God.
Goeiemôre, seënwense🙌🏻
Versoekings kom op ons almal se pad deur die lewe. Daar is oneindig baie versoekings en dit is jou keuse wat jy gaan doen, swig of die toets standvastig deurstaan. Dank God vir Sy getrouheid en liefde in jou lewe. Goeiemôre, seënwense🙌🏻
Die meeste mense is so gelukkig soos wat hulle besluit om te wees. Kies liewer om nie net te bestaan nie, maar om werklik voluit te lewe. Jy kan nie kies hoe jy gaan sterf nie, maar jy kan kies hoe jy leef.
Goeiemôre, seënwense🙌🏻
Jesus het ons aan die kruis vrygemaak, maar dit beteken nie ons is onafhanklik van Hom nie. Jy bly elke dag afhanklik van God as die Skepper van jou lewe. Moenie dink jy kan sonder God klaarkom nie.
Goeiemôre, seënwense 🙌🏻
Tyd is gratis, maar dit is prysloos. Jy kan dit nie besit nie, maar jy kan dit gebruik. Jy kan dit nie hou nie, maar jy kan dit spandeer.
As jy dit verloor het, kan jy dit nooit weer terug kry nie.
Spandeer tyd wys.
Goeiemôre, seënwense🙏🏻
Vrees steel vreugde deur jou te laat bekommer oor wat kan verkeerd gaan, jou bang te maak dat geluk nie sal hou nie en jou te beroof van jou rus in die lewe. Waardeer vandag se seëninge in plaas daarvan om oor môre te bekommer.
Goeiemôre, seënwense 🙌🏻
Gebed is 'n openhartige gesprek met God. Soms het jy baie om
vir Hom te sê of vra, of anders kan jy net in stilte in Sy teenwoordigheid sit. God is net 'n gebed ver en altyd beskikbaar om te luister. Daar is krag in gebed.
Goeiemôre, seënwense🙌🏻
Sonde is nie net ’n lys verkeerde dinge wat mense doen nie. Dit is ’n hart wat sy eie pad bo God se pad kies. Dit wys in ons oneerlikheid, begeertes en ongehoorsaamheid. Selfs wanneer ons goeie dinge doen, kan ons nie God se volmaakte standaard bereik nie.
Goeiemôre seënwense🙌🏻




















