Kleinfontein is ons dorp, ons vesting en ons trotse blyplek. Daar is mense binne en buite wat teen ons veg maar ons as goeie Kleinfonteiners het die Here by ons en sal sterk staan om ons dorp te beskerm
KleinfonteinVriende retweeted
Die VF Plus maak ernstig beswaar teen die Ekurhuleni-metro se skielike kennisgewing wat vereis dat inwoners, ondernemings en sekuriteitsmaatskappye hul privaat kringtelevisiekameras (CCTV) voor Vrydag, 27 November 2026 moet registreer, met die dreigement dat ongeverifieerde kameras ná dié datum verwyder kan word.
Die metro voer aan dat die registrasie nodig is om misdaadbekamping te koördineer, privaatheidswetgewing af te dwing en beheer oor munisipale infrastruktuur uit te oefen.
_______________
Lees die volledige verklaring hier: | Read the full statement here:
tinyurl.com/2s7kt36
KleinfonteinVriende retweeted
Ek gaan dit foto mooi stoor, Willie het so mooi gepraat by die vergadering, ons gaan groen 💚
KleinfonteinVriende retweeted
Al ons plakkate in wyk 100 is op, dit was 'n groot taak maar dit is gedoen. Ek het 'n wonderlike span manne wat dit vir my gedoen het, dankie julle is ysters 💚💚💚
FANTASTIESE DAG OP KLEINFONTEIN VANDAG
Kleinfontein het vandag 'n verdere reuse mylpaal bereik deur 'n uitgebreide en volledige aansoek om grondontwikkeling (Dorpstigting) by Tshwane in te dien.






















